Page 47 - SCAT Rural Voice II - 35 Stories for 35 Years
P. 47
GeBORe OM Te DIeN eN Te BesKeRM
Ek is gebore op ʼn klein dorpie, Saron. Die dorp is geleë tussen Gouda en Porterville. Nêrens is die dorp se naam aangebring op die naamborde wat padaanwysings gee. saron bied min werk geleenthede aan.
Baie van ons mans verlaat die dorp om in die stad te gaan werk. Maandag oggende is dit ʼn gesingery soos hulle die bakkies en vragmotors klim. Hier en daar word iemand geroep wat verslaap het. Die naaste trein stasie is op Gouda. Ons mense moet al vieruur opstaan om die taxi te neem na die stasie om die trein te kry.
Baie van die mans is bouers en skrynwerkers wat die dorp op ʼn Maandag verlaat en weer terugkeer op Vrydag om vir hul families te sorg.
Rondom saron is verskeie vrugte en groente plase wat werk verskaf aan seisoen werkers. Daar is ook ʼn inmaak fabriek in Tulbagh wat seisoen werk aan die meerderheid van ons mense verskaf. As die seisoen verby is heers daar werkloosheid. Almal sien uit na die seisoenwerk.
ek was daar toe die Advieskantoor sy deure oopgemaak het in 1998. Opleiding het ons gekry vanaf verskillende instansies. Dit is my passie om te werk met mense in die gemeenskap. Met my persoonlike ondervinding van mishandeling het dit my gedryf om werkswinkels in die gemeenskap aan te bied oor gesinsgeweld, kindermishandeling asook ken jou regte.
Die doel van die werkswinkels is juis om vroue en kinders te beskerm en aan te moedig om daaroor te praat. Ons help om seker te maak dat mans wat hulle vroue of kinders fisies of seksueel aanrand gestraf word. Families nader ons met hul ouers se boedels.
Ons werk nou saam met die gemeenskap en hanteer verskillende sake soos uitsettings in dorp en op plase, die brutaliteit van polisie in tronkselle, maatskaplike probleme en kantoor bedien die omliggende plase en plaaslike gemeenskap.
Access to Justice
RuRal Voice ii: 35 stories for 35 years
45