Page 105 - SCAT Rural Voice II - 35 Stories for 35 Years
P. 105
Na matriek het my neef my genader om hom te kom help by die Naskoolsentrum in Graafwater, hy het my potensiaal gesien en geweet waarna toe ek instaat is. Hy het die Naskoolsentrum verlaat en ek het die pos gekry as koördineerder van die Naskoolsentrum. Ek het ook die Dienssentrum vir bejaardes gehelp om hul administrasie en finansies te administreer. Omdat ek met kinders, jongmense en bejaardes gewerk het, het my liefde begin vir gemeenskap ontwikkelings werk.
Deur middle van sport het ek vir Jonathan v/d Westhuizen ontmoet wat besig was om ‘n advies kantoor te stig. Hy’t my gevra om hom te help om die konstitusie te tik. Soos ek die konstitusie tik het ek dit deur gelees, en was baie geintreseerd. Ek het gevoel dat ek deel wil wees van hierdie opset, want dit is hoe ek ‘n rol in mense se lewens kan speel en hul omstandighede verander.
Soos ek groot geword het op plase het ek ervaar hoe moeilik dit gaan op plase, en hoe ons plaas bewoners en werkers behandel word. Ons het in ‘n een vertrek kamertjie gebly, waar ons alles moet doen, kos voorberei, eet, bad en slaap. Daar was geen privaatheid nie. Ek het gesien hoe my ouers soggens vroeg in die donker moet uit gaan vir werk en saans laat by die huis kom. Ek sien ook hoe alkohol en dwelm misbruik wat lei tot gesinsgeweld op plase en ons dorp ‘n groot probleem is.
Dis waarom ons as SALDA ‘n vyf dagse regs advies en saak hantering aan bied, asook kapasiteits bou, werkswinkels, en bewusmaking oor mense regte. Om die sosiale probleme aan te spreek soos alkohol en dwelm misbruik wat lei tot gesinsgeweld maak ons gebruik van forum drama. Dit is a metode van drama wat ons gebruik om uit te beeld wat die effek van gesinsgeweld is op vroue en kinders. Mans en vroue in die gemeenskap kom om te kyk en word betrokke by die bespreekings wat na die forum drama plaasvind. Ons gebruik die metode om hul uitkyk en houdings op die samelewing te verander.
Om hierdie werk te doen het die kantoor befondsing nodig, om die gemeenskap te bedien. Die kantoor word befonds deur SCAT, Departement van Arbeid vir werkswinkels rondom werkers regte en Foundation for Human Rights (FHR) vir gesinsgeweld en ander programme. SALDA doen ook fondsinsameling waar ons ondersteuning kry van ons gemeenskappe en daar deur maak ons gebruik van SCAT se FRIS fonds.
Wat ek ervaar het soos ek groot geword het, het my baie gelaat dink aan die toekoms, hoe ons as mens ‘n verskil kan maak in ander se lewe om te help, ondersteun en te adviseer. Daarom het ek deel geword van die Advies kantoor sektor om ‘n verandering te bring in mense se lewens, om die omstandighede op plase en selfs in die dorp te verander, en die houdings teenoor gesinsgeweld.
Die liefde vir die werk sal nooit vergaan en ek sal streef daarna om my gemeenskappe te help.
YOUTH
RuRal Voice ii: 35 stories for 35 years
103